Ayn Rand | |
Ayn Rand (1943)
| |
Geboortenaam | Алиса Зиновьевна Розенбаум |
---|---|
Gebore | 2 Februarie 1905 Sint Petersburg, Russiese Ryk |
Oorlede | 6 Maart 1982 (op 77) New York, New York |
Plek van graf | Kensico Cemetery, Valhalla, New York |
Burgerskap | Rusland (1905–1922) Sowjetunie (1922–1931) Verenigde State (1931–1982) |
Vakgebied | Filosofie (Libertynisme) |
Alma mater | Petrogradse Staatsuniversiteit |
Bekend vir | The Fountainhead Atlas Shrugged |
Toekennings | Prometheus Award – Hall of Fame 1983 Atlas Shrugged 1987 Anthem |
Handtekening |
Ayn Rand (Russies: Алиса Зиновьевна Розенбаум, Alisa Zinowjewna Rosenbaum; Sint Petersburg, 2 Februarie 1905 – New York, 6 Maart 1982) was 'n skryfster en stigter van die 20ste-eeuse filosofiese beweging bekend as objektivisme. Sy is veral in die Verenigde State bekend, maar haar boeke verkoop wêreldwyd. Sy is in Rusland gebore en het in 1926 na die VSA gegaan, waar sy die teorieë van Aristoteles laat herleef het en haar eie teorieë (soos ’n bewondering van kapitalisme) gevorm het. Sy het veral bekendheid verwerf met haar boeke The Fountainhead (geïnspireer deur Frank Lloyd Wright) en Atlas Shrugged (geïnspireerd deur Nikola Tesla), maar het nog vele ander boeke geskryf.